
=====================================================================
Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans kuier oor die drumpel

Afrikaans is Nederlands wat in die son gel het, het een van die gespreksleiers tydens die jaarlikse Winternachten fees in Den Haag ges. 
So eenvoudig is dit ook nie, het Breyten Breytenbach te kenne gegee toe hy daarna   vir di gespreksleier en voormalige staatsekretaris van 
kultuur, Aad Nuis,   Suid-Afrika bestempel het as 'n land met "enorme teenstrydighede".

Maar presies hoe uiteenlopend en kleurryk die taal is, kon 'n mens al merk aan die verskillende afgevaardigdes uit Suid-Afrika wat kom 
deelneem het aan hierdie fees wat elke jaar aandag skenk aan die letterkundes van die voormalige koloniale gebiede van Nederland. Vanjaar 
het Breyten Breytenbach,   Gert Vlok Nel,   Loit Sls en   Soli Philander deur hul optredes feesgangers laat hoor hoe wyd Afrikaans se   
tongval l.

Maar ook Afrikaanse digters wat ni self teenwoordig was nie, het van hulle laat hoor tydens die bespreking van twee nuwe bloemlesings uit 
die Afrikaanse posie wat in Nederland uitgegee word. Robert Dorsman het sy en   Adriaan van Dis   se O Wye en Droewe Land   bekend gestel, 
terwyl Gerrit Komrij die sluier net so effens gelig het   oor watter Afrikaanse gedigte hy ingesluit het in sy nuwe De Afrikaanse pozie in 
duizend en enige gedichten.   In eersgenoemde bloemlesing is die gedigte voorsien van 'n vertaling; in laasgenoemde -- wat deel uitmaak van 
Komrij se gesaghebbende reeks uit die Nederlandse posie -- nie.

Volgens Komrij is Afrikaans so na aan Nederlands dat 'n vertaling onnodig is vir Nederlandse lesers om die gedigte te verstaan. Naby is dit 
dalk in verskeie opsigte, soms ook redelik ver. Maar dis eers as daar moeite gedoen word om by jou buurman te gaan kuier, dat jy kan sien 
watter kleinode hy als in sy kulturele voorkamer het.

Vanjaar in Den Haag is nog 'n entjie verder gestap oor die drumpel van di oop deur. Herman Wasserman,   tans doktorale student in Leiden.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6120.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

